Hierdie memoir is, soos André Brink dit self stel, ’n reaksie op
“’n behoefte … om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe
wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie
verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak
het…” Die memoir gee die leser ’n blik op die ryk en vol lewe
van een van die grootste skrywers in Afrikaans. Brink se verstommende
erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande
gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met
persoonlike opofferings), sy sterk politieke oortuigings wat meermale
tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het, is
alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en
deerniswekkende momente uit sy jeug en sy heel persoonlike lewe.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798154178
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter