Toorbos is ´n bosromanse. Dit is die storie van ´n ingewyde
'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe
dit ´n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy
liefkry. Karoliena Kapp is ´n alleenkind wie se moeder drie mans
gehad het, en wat as werklik onsimpatieke ma figureer. Haar pa is
vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos
as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word vroeg-vroeg raakgesien
deur ´n man, Johannes, ´n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep
van die bos-armoede losgewikkel het. Nog voor sy twintig is, word
Karoliena "afgetrou" met hom, en moet sy ´n dorpseggenote word nadat
sy geskool is om haar plek in hierdie hiërargie in te neem. Die
wêreld van die bos en van die dorp word in fyn teenstelling tot
mekaar geskilder. Dit is twee ordes van bestaan. In die bos is daar
´n mistieke ervaring moontlik – dit is die soort vervoering wat
Karoliena soek – terwyl die dorpsbestaan aan ´n selfgerigte
geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy –
en is half-betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied.
Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van
Johannes, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy
dat daar "iewers, iewers iets verskriklik verkeerd" is. Sy het die
verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar
kosbare vryheid verruil vir ´n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die
pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep:
"wie´s-jy, wie´s-jy".
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624066101
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter