’n Belangrike roman oor die slawetydperk.In 1825 vind die enigste
slaweopstand in die ou Kaapse geskiedenis plaas, die sg “Bokkeveldse
Opstand”, ontketen deur ’n droom van vryheid wat nie bewaarheid
word nie. As kinders het Nicolaas en Galant saam gespeel; nou is hulle
baas en slaaf. Tussen hulle staan die vurige, wederstrewige Hester.Die
roman is ’n “koor van stemme”, maar die hooffiguur is die slaaf
Galant wat die menigte stemme bind. Ma-Roos sê: “So praat ons, so
praat ons, ’n ry stemme in ’n ketting, almal saam en almal apart,
almal anders en almal dieselfde, en die skakels mag lieg maar die
ketting is waar. En die naam van die ketting is Houd-den-Bek."In die
stemme van die dertig verskillende vertellers, deur vier dele, waarin
die elemente van aarde, wind, water en vuur opgeroep word, groei ’n
persoonlike opstand uit tot ’n universeel menslike stryd teen onreg
– op so ’n aangrypende wyse dat Artur Lundkvist van die Sweedse
Akademie dit by die boek se verskyning bestempel het as “miskien die
grootste voorstelling van slawerny wat ooit geskryf is”.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798158657
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter