Tobela “Tiny” Mpayipheli, oud-KGB-sluipmoordenaar, ook bekend as
“Umzingeli” (Die Jagter), het gedink hy het sy vorige lewe
agtergelaat. Hy het vrede gevind, maar bevind hom skielik in ’n
onmoontlike situasie. Want lojaliteit is belangrik – en hy moet nou
binne 72 uur in Lusaka uitkom, anders sterf ’n ou vriend, ’n
medestryder wat gyselaar gehou word.Maar die losprys wat hy saam met
hom moet neem, is gevaarlik – ’n hardeskyf met sensitiewe
inligting. Die plaaslike intelligensiediens gaan alles in hul vermoë
doen om hom te keer.En nou word die jagter die prooi. Op ’n
“geleende” BMW-motorfiets vat hy die lang pad. Maar hoe verder hy
vorder, hoe stywer span die net om hom.Spanning uit die boonste rakke;
’n boek wat geen leser sal kan neersit nie.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798157476
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter