Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit
veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af
is op die pryslys, want hy’s die een met die kriminele rekord, die
gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Wanneer die
mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike
bedreigings en ’n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos ’n
Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook ’n ander ou Wet
af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en
as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie
dankie. Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe –
en só begin ’n koorsagtige tog deur ’n wêreld van gierigheid en
korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings . . . en moord. In ’n
lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as ’n
lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan
lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale
implikasies hê. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te
wees. Iemand moet betaal – en hy gaan nie rus voor dié rekening nie
vereffen is nie.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798157445
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter