"Ek skryf die boek vir mense soos ek, mense vir wie geloof nie altyd
maklik kom nie en wie beslis nie hul geloof kan aanbied as prestasie
nie . . ." Met dié woorde skop die teoloog Julian Müller die verhaal
van sy geloofsreis af. Sy sketse van die plaasseun wat dominee geword
het, roep dadelik 'n bekende Afrikaanse leefwêreld op. Sy reis hou
vir hom vele ontnugterings in, maar ook belangrike insigte wat sy
geloof verdiep. As jong predikant vra hy kritiese vrae oor die kerk se
rol in apartheid en spreek hom uit teen Christelike nasionalisme. Soos
wat hy op sy pad van geestelike groei vorder, word hy gekonfronteer
met verskeie netelige geloofskwessies soos die evolusieleer en hoe
verskillende Godsbeskouings ons geloof beïnvloed. Müller beywer hom
vandag vir 'n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om
vrae te vra en "buite die boks" te glo.
Les mer
'n Gelowige se reis
Produktdetaljer
ISBN
9780624058502
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Tafelberg
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter