’n Politieke roman oor die dood van ’n swart man in aanhouding in
die sewentigerjare. As roman (aanvanklik verbied), en later as film,
het ’n Droë wit seisoen’n baken in die Suid-Afrikaanse literatuur
geword.In die middel staan Ben du Toit, “’n doodgewone,
onskadelike, onmerkwaardige mens”. Maar dan word sy ingebore sin vir
regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en
dié se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se
pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die
hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie ’n
politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy
familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit ’n morele kwessie.
Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en
die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen
apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde.Wanneer Ben
vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente,
uitknipsels, verklarings, ens. – inligting wat hy teen die
Veiligheidspolisie ingesamel het – aan ’n ou universiteitsvriend,
’n skrywer wat dit alles kan dokumenteer … Sodat niemand hierna
ooit durf sê: “Ek het nie geweet nie.”
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798158633
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter