Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse
filmdraaiboeke nou saam gebundel: Jakhalsdans: Die jong weduwee en
onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure
sluit. ’n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die
beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees,
het ontaard in ’n stuurs kluisenaar. Die laaste tango: Ná hy die
boosaardige reeksmoordenaar Basson aanrand, word werkverslaafde
speurder Herkules de Wet na ’n klein dorpie gestuur om te gaan
afkoel. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, ’n mooi, passievolle vrou
wat sterwend is aan kanker. Op die nag van hul laaste dans saam, maak
Basson sy opwagting op die dorp. Die ballade van Robbie de Wee:
Voorheen suksesvolle musiekvervaardiger Len van Jaarsveld het in
volslae ellende verval. Sy ontdekking van die briljante rockster
Robbie de Wee bied aan hom ’n tweede, lááste kans, maar net toe
Len behoorlik op sy voete begin kom, dreig die dood van ’n jong
meisie om alles weer in duie te laat stort. Jagveld: Die gewetenlose
Bosman se bevele word áltyd deur sy manne uitgevoer, meedoënloos.
Maar nou het Emma gesien wat hulle gedoen het . . . En word sy hier in
die Groot-Karoo soos ’n dier gejag. Tog skuil daar ’n donkerte
agter haar oë wat hulle nie verwag het nie . .
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798175715
Publisert
2017
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter