Hierdie gewilde en bekende digter se Versamelde Werke sluit in al haar
gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting, Rook en oker, Kantelson)
sowel as jeugwerk, vertalings deur haar, fragmente en opdragte, ’n
drama, en haar kortverhale. Dit sluit ook in ’n oorsig van haar lewe
en werk deur Jack Cope: “A Crown of Wild Olive”. Ten tyde van
Ingrid Jonker se selfmoord, toe sy haar in die nag van 18 op 19 Julie
1965 verdrink het in die see by Drieankerbaai, Kaapstad, was sy een en
dertig jaar oud. Daar het toe nog slegs twee digbundels van haar
verskyn: ’n jeugwerk, Ontvlugting (1956), en, na vele vertragings,
die veel geprese en bekroonde Rook en Oker in 1963. Na haar dood is
’n derde bundel, Kantelson, uitgegee. Verskeie uitgawes van haar
Versamelde Werke (wat ook ongepubliseeerde gedigte, ’n drama en haar
kortverhale insluit) het sedert 1975 verskyn, en Human & Rousseau se
1994-uitgawe word gereeld herdruk. Ingrid Jonker se nalatenskap is
klein maar betekenisvol, en het ’n groot invloed op die Afrikaanse
digkuns en kultuur gehad. In die dekades sedert haar dood het sy ’n
kultusfiguur geword, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in
Nederland. Van haar gedigte is reeds in meer as twaalf tale vertaal.
’n Versameling gedigte in Engels vertaal deur Jack Cope en William
Plomer met die hulp van Laurens van der Post is in Brittanje en
Suid-Afrika gepubliseer. In 2007 het ’n nuwe en meer volledige
versameling gedigte in Engels verskyn, vertaal deur Antjie Krog en
André Brink: Black Butterflies: Selected Poems. Daar is ook reeds
verskeie films oor Ingrid Jonker se lewe vrygestel.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798157889
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter