“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.” “Hallo,
Bennie,” sê die twee en dertig stemme in ’n blymoedige koor.
“Ek het gisteraand ’n bottel Jack Daniel’s uitgesuip en my vrou
geslaan. Sy het my vanoggend uit die huis uit gesit. Ek is nou een dag
sonder drank. Ek is hier omdat ek nie my drinkery kan beheer nie. Ek
is hier omdat ek my vrou en my kinders en my lewe wil terughê.”
Terwyl hy die desperate vasberadenheid in sy eie stem hoor, begin
iemand hande klap en dan dawer dit in die afgeleefde kerksaaltjie.
Maar om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Griessel van
die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid eers vir Artemis keer: die
vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad
teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid
te wreek. En met die media wat skree, die politici wat druk toepas,
’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die
rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening
gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van
die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte
van die bottel nie.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798169509
Publisert
2015
Utgave
2. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter