Gerugte van reën is met sy verskyning in 1978 maande lank deur die
apartheidsregering onder embargo geplaas. Vir baie bly dit steeds een
van André P. Brink se grootste romans. In ’n land geteister deur
droogte bly reën net ’n gerug – maar as dit die slag kom, dan
word dit ’n vloedwater wat alles met apokaliptiese geweld wegspoel.
Hierdie sentrale beeld word weerkaats in al die fasette van Brink se
voorstelling van Suid-Afrika op die rand van ’n afgrond. In die
sentrum staan Martin Mynhardt, ryk Afrikaanse nyweraar, wat ’n
naweek op sy ou familieplaas gaan deurbring om oor die verkoop daarvan
te besin. ’n Oënskynlik eenvoudige besluit word vir hom byna
onhanteerbaar namate sy ganse lewe in die engte van daardie een naweek
saamgetrek word. Met ’n netwerk van kruisverwysings word die vier
dae van die roman voorgestel in terme van ’n viervoudige verlies,
naamlik sy beste vriend (’n leidende Afrikaanse advokaat pas
veroordeel as terroris), sy pa wie se historiese sintuig vir Martin
onbegryplik bly, sy seun wat ná die Angolese oorlog “moeilik”
geword het, en sy minnares wat hom voor ’n onmoontlike keuse stel.
In hierdie dramatiese proses, gekenmerk deur temas soos menslike
verantwoordelikheid, historiese verbondenheid, onskuld en identiteit,
word ’n hele panorama van die Suid-Afrikaanse lewe belig en ’n
breë spektrum karakters bygebring in die ondersoek van die netelige
vraag: “Wat is ’n Afrikaner?” Ten slotte bly Martin alleen oor,
gestroop van alles wat vir hom belangrik was en verdoem deur sy
onvermoë om lief te hê – hetsy vader of moeder of land, eggenote,
broer of seun, vriende of ander vroue. In Suid-Afrika is die Engelse
uitgawe van Gerugte van reën bekroon met die CNA-prys en in Brittanje
is dit tweede geplaas deur die beoordelaars van die Bookerprys. Dit is
in verskeie tale vertaal.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798167369
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter