God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n
kind aandoen nie. Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof,
woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan
haar 'toebetrou' een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy
voor haar deur staan en huil, ´n weggooilam. Aan die ander kant van
die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou
Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin
Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens? Kon ´n
klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Dié
vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur
die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die
bruinmense kry. En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self
vra: Wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry
het nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in
homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624064749
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
NB Publishers
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter