’n Roman wat in die tagtigerjare verskyn het en gebaseer is op die
mite van die reus Adamastor, wie se liggaam glo die gebergtes van die
Stormkaap gevorm het. Dis ’n aardse liefdesverhaal, geskryf met
humor en ’n speelse geestigheid. Dit speel af in die tyd toe die
eerste Europeërs in die Kaap aangekom en kontak gehad het met die
Khoi-Khoi. Die verteller, T’kama, neem ’n wit vrou gevange,
versteek haar totdat die skepe uiteindelik sonder haar vertrek, en
neem haar saam op ’n lang swerftog die binneland in, teen alle raad
en waarskuwings van ou Khamab en die ander. ’n Reis van vele
ontberinge en frustrasies ... “Dit is weer die verhaal van ’n
Oomblik in die wind, van kolonialisasie en bedrog; dit is die verhaal
van Afrika en Europa; maar dit is ook humor, mitologie en legende: die
van Europa en dié van Afrika – van Afrika die
Prometheus-vasteland.” aldus Ampie Coetzee.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798153560
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter