Teen die agtergrond van ’n nuwe Suid-Afrika wat nie heeltemal lyk
soos wat optimiste verwag het nie, is Ruben Olivier se lewe besig om
uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van
sy lewe was, het hom ’n pakket aangebied om plek te maak vir ’n
jong swart opvolger. Een van sy seuns het klaar die land verlaat en
die tweede staan op vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Te
midde van sy ontreddering moet Ruben sy wêreld opnuut definieer
rondom die vroue wat in sy lewe ’n rol gespeel het: die vroegwyse
klein Lenie in sy pa se skuur, die lewenslustige Riana wat haar ouers
getrotseer het om met hom te trou en toe na ’n miskraam ’n
skaduwee oor hul huwelik laat val het, die liriese Alison wat hom laat
struikel het ... Maar bowenal word sy hede deur drie figure oorheers.
Daar is sy huishoudster, die formidabele Magrieta, wat hom nie toelaat
om te vergeet van die werklike wêreld rondom sy soliede ou huis in
Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, ’n jong slawemeisie wat
drie eeue gelede na ’n opsienbarende verhouding met haar baas
tereggestel is en nou nog in die huis bly spook. En dan is daar Tessa,
die ontsenuende vreemdeling wat een nag uit die reën opdaag op soek
na blyplek en soos ’n donker maan die landskap van sy lewe belig met
die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en die uitdaging van
haar troebel seksualiteit. Teen die agtergrond van die woelinge en
onsekerhede van vandag se Suid-Afrika, wat miskien nie so anders lyk
as dié van driehonderd jaar gelede nie, is Donkermaan waarskynlik die
intiemste verhaal wat André P Brink nog geskryf het. Met ’n aanslag
wat wissel van die ligte en speelse tot die nostalgiese en
ontstellende, word dit ’n besinning op liefhê en oud word, op skuld
en onskuld, op verlies en wanhoop en hoop, op drome en werklikheid, op
verantwoordelikheid teenoor hede, verlede en toekoms. Bekroon met die
Hertzogprys in
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798158664
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter