Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang
jagtog terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die
Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende
geslag kinders wat moeilikheid vir die Courtney-familie voorspel, en
– bowenal – Ruth Friedman. Ruth slaan sy voete skoon onder hom
uit. Vurig, jonk en… ’n ander man se vrou. Boonop raak haar man
Sean se boesemvriend en beskermling in die oorlog! Die magte van die
noodlot voer Sean telkens van hoop tot wanhoop, na oomblikke van
glorie en oomblikke van verslaentheid. Deur elke uitdaging dra sy
selfgeloof, sy krag en sy ysere wil hom. Daar is die plaas wat hy
probeer vestig; sy seun Dirk se kommerwekkende swakhede; sy wedywering
met sy voormalige swaer en nou Boeregeneraal Jan Paulus le Roux; die
komplekse verhouding met sy buite-egtelike seun, Michael; sy broer
Garrick wat hom links en regs beduiwel; die weerspannige Ruth; en
Storm, die dogter wat in hulle ongeoorloofde passie verwek is… Met
’n paar perfek geplaaste karakters, voer Wilbur Smith die leser
meesterlik tot midde-in die Anglo-Boereoorlog se aksie, van beroemde
veldslae tot tipiese kleiner skermutselings. Teen die agtergrond van
hierdie groot stryd tussen volke, voer Sean ’n persoonlike stryd om
oorlewing, om ’n toekoms vir hom en sy geliefdes te bou, en om geluk
te vind saam met die vrou vir wie hy lief is.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780795707551
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Adamastor
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter