Ek sal elke dag ʼn poliesman skiet, tot julle die moordenaar van
Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPD. En dan begin
hy. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak
is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen
leidrade, net ʼn reeks naakfoto’s, ʼn uiters ingewikkelde
saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die
meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel
sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel
voor haar groot terugkeerkonsert, sy seun keer om nie skandes te maak
nie, sy kollegas daarvan weerhou om die ondersoek te kelder, en sy
eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer
hou. Sewe dae van hel.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780798156226
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Human & Rousseau
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter