Kronkelpad is die derde boek in die trilogie waarvan Anderkant
Pontenilo en Pérsomi die eerste twee is. Die verhaal speel af in die
jare 1938–1960, met die slot in 1986.Lettie Louw (Klara se slim
vriendin uit Pontenilo en die dokter wat in Pérsomi in die hofsaak
getuig) en Marco Romanelli (Antonio se aantreklike broer wat in
Italië in ’n Joodse kamp beland het in Pontenilo) is in hierdie
boek die hoofkarakters.Lettie se vriendinne raak almal verlief op
aantreklike mans en trou die een na die ander – niemand sien vir
Lettie raak nie. Maar sy besluit nietemin om die beste dokter vir haar
mense te word. Sy gaan in 1947 terug na die Bosveld-dorpie en neem
haar pa se praktyk oor.Nadat hy die konsentrasiekamp oorleef het, is
Marco ’n baie siek, verswakte man wanneer hy teen die einde van 1945
na sy ouerhuis in Noord-Italië terugkeer. Antonio, wat na Suid-Afrika
terugkeer om met Klara Fourie te trou, oorreed hom egter om na
Suid-Afrika se warm, droë Bosveld te verhuis. So beland Marco in 1948
op dieselfde Bosvelddorpie as Lettie, wat sy dokter word.Die liefde
blom tussen hulle, maar dan breek die polio-epidemie van die jare
vyftig uit – met tragiese gevolge.Die trilogie word op boeiende wyse
afgesluit dáár waar dit begin het – in die Italiaanse dorpie hoog
bo in die Alpe.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780624053880
Publisert
2015
Utgave
1. utgave
Utgiver
Vendor
Tafelberg
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Digital bok
Forfatter